Be'er Sheva
Voorkoms
Be'er Sheva באר שבע بئر السبع | |
---|---|
Stad | |
![]() Uitsig oor die stad | |
Koördinate: 31°15′N 34°47′O / 31.250°N 34.783°O | |
Land | ![]() |
Distrik | Suidelike |
Stigting | 1900 |
Regering | |
• Burgemeester | Ruvik Danilovich (Derekh Khadasha) |
Oppervlak | |
• Totaal | 117,5 km2 (45,4 vk. myl) |
Hoogte | 260 m (850 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 209 687 |
• Digtheid | 1 800/km2 (5 000/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (IST) |
• Somertyd | UTC+3 (IDT) |
Webwerf | beer-sheva.muni.il |
Be'er Sheva (ook wel Beersheba en Beër Sjeva), Hebreeus: באר שבע , Arabies: بئر السبع , is 'n Israelse stad en die hoofstad van die Suidelike distrik met 'n bevolking van sowat 209 687 in 2020.
Die metropolitaanse gebied van Be'er Sheva is die vierde van Israel en het 'n bevolking van sowat 377 000 in 2017 gehad.
Die stad lê in die Negev-woestyn en word ook wel die 'hoofstad van die Negev' genoem.
Die nuwe Be'er Sheva is in 1900 gestig maar die ou stad het al in die tyd van die Ou Testament bestaan.
Be'er Sheva herberg die Ben-Gurion Universiteit van die Negev en is 'n sentrum van Israel se hoë-tegnologie nywerheid.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Be'er Sheva.
- Amptelike webwerf Geargiveer 24 September 2004 op Wayback Machine