Gaan na inhoud

Bolwolk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Bolwolke (ook genoem Bok-globules, na die ontdekker, Bart Bok) is in sterrekunde geïsoleerde en relatief klein, donker newels wat digte ruimtestof en gas bevat waarin stervorming kan plaasvind. Bolwolke word in H II-gebiede aangetref en het gwoonlik 'n massa van sowat 2[1] tot 50 sonmassas in 'n streek van sowat 'n ligjaar breed.[2] Hulle bevat molekulêre waterstof (H2), koolstofoksiede en helium, en omtrent 1% (volgens massa) silikaatstof. Bolwolke lei gewoonlik tot die vorming van dubbel- of veelvoudige sterre.[3]

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Bolwolke is in die 1940's die eerste keer waargeneem, deur die sterrekundige Bart Bok. In 'n atikel wat in 1947 gepubliseer is, het hy en Edith F. Reilly gehipotetiseer dat dié wolke "soortgelyk aan insekkoekonne" is en dat hulle gravitasionele instorting ondergaan om nuwe sterre te vorm. Sterre en sterreswerms ontstaan hieruit.[4] Dié hipotese was moeilik om te verifieer weens die probleme met waarneming om te bepaal wat binne-in 'n donker wolk gebeur wat alle sigbare lig verdoesel wat van binne uitgestraal word.

'n Ontleding van naby-infrarooi-waarnemings wat in 1990 gepubliseer is, het bevestig dat nuwe sterre in bolkwolke ontstaan.[5] Verdere navorsing het onthul sommige bolwolke bevat vasgelegde warm bronne,[2] party bevat ligte kolle[6] en ander toon die uitvloei van molekulêre gas.[7]

Daar word nou geglo 'n tipiese bolwolk bevat materiaal van sowat 10 sonmassas in 'n streek wat sowat 'n ligjaar breed is, en dat hulle meestal lei tot die vorming van dubbel- en meervoudige sterre.[5][8][9] Bolwolke word steeds intens bestudeer. Hulle is van die koudste voorwerpe in die natuurlike heelal, en hulle struktuur en digtheid bly ietwat van 'n geheim.

Bolwolke wat deur ultravioletlig van nabygeleë warm sterre bestraal word, toon dat materiale gestroop word om 'n stert te produseer. Dié soorte word "komeetglobules" genoem.[10]

Galery

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Michael Szpir (Mei–Junie 2001). "Bart Bok's Black Blobs". American Scientist. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2017. Besoek op 19 November 2008.
  2. 2,0 2,1 Clemens, Dan P.; Yun, João Lin; Meyer, Mark H. (Maart 1991). "BOK globules and small molecular clouds – Deep IRAS photometry and (C-12)O spectroscopy". Astrophysical Journal Supplement. 75: 877. Bibcode:1991ApJS...75..877C. doi:10.1086/191552.
  3. (10–15 April 2000) "Binary and multiple star formation in Bok globules"., Potsdam, Germany: Bo Reipurth and Hans Zinnecker. 
  4. Bok, Bart J.; Reilly, Edith F. (Maart 1947). "Small Dark Nebulae". Astrophysical Journal. 105: 255. Bibcode:1947ApJ...105..255B. doi:10.1086/144901.
  5. 5,0 5,1 Yun, João Lin; Clemens, Dan P. (20 Desember 1990). "Star formation in small globules – Bart Bok was correct". Astrophysical Journal Letters. 365: L73. Bibcode:1990ApJ...365L..73Y. doi:10.1086/185891.
  6. Reipurth, Bo; Heathcote, Steve; Vrba, Frederick (Maart 1992). "Star formation in Bok globules and low-mass clouds. IV – Herbig–Haro objects in B335". Astronomy & Astrophysics. 256 (1): 225. Bibcode:1992A&A...256..225R.
  7. Yun, João Lin; Clemens, Dan P. (Januarie 1992). "Discovery of outflows from young stellar objects in BOK globules". Astrophysical Journal Letters. 385: L21. Bibcode:1992ApJ...385L..21Y. doi:10.1086/186268.
  8. Clemens, D. P.; Yun, J. L.; Heyer, M. H. (1991). "Bok globules and small molecular clouds—Deep IRAS photometry and (C-12)O spectroscopy". Astrophysical Journal Supplement. 75: 877–904. Bibcode:1991ApJS...75..877C. doi:10.1086/191552.
  9. Launhardt, R. (2000). "Binary and multiple star formation in Bok globules".. 
  10. Cometary globules. 1 Formation, evolution and morphology, B. Lefloch and B. Lazareff, 1994.

Skakels

[wysig | wysig bron]